Sunday 18 December 2022

Rooi Bos

JAKO MEYER Stel Nuwe Enkelsnit Bekend | ROOI BOS Vrydag, 2 Desember 2022 sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit vanaf JAKO MEYER, genaamd ROOI BOS. ROOI BOS kom na die vrystelling van JAKO se laaste enkelsnit, ‘Om Hierdie Hart’ in Junie vanjaar. ROOI BOS is gedurende Augustus 2022 geskryf met iemand spesiaal in JAKO se lewe as inspirasie, gekombineerd met die geur van lente met nuwe bloeisels en natuurlik ook, die nuwe seisoen se uitdagings. Die liriek belaaide liefdeserkenning, ROOI BOS vertel die verhaal van twee mense wat mekaar heeltyd net-net mis. “Die lewe het sy draaie en paaie, en soms kruis die paaie wat jy hê wil moet, net nie.” sê JAKO. Die liriese rooi beelde wat gebruik verteenwoordig die liefde, sowel as moontlike gevaar in die spel van liefde, gekombineerd met ’n rustige melodie. “Ek dink almal het daardie een liefde waaroor jy altyd sal wonder. Daardie liefde wat jou laat voel of jy van jou kop af is. En al waai die wind nie reg nie, sal jy altyd by daai tafel in die hoek sit en wag.” Laai ROOI BOS hier af: https://linktr.ee/JakoMeyer “Ek het gevoel ek wil nog iets uitbring in 2022. ROOI BOS is ‘n lied baie na aan my hart, en hopelik kan mense rustig raak daarmee na ’n besige 2022.” JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal in 2023 vrygestel word. Aanhangers kan JAKO MEYER saam met MOSES METRO MAN, ZEBRAMAN en DEON MEIRING op toer sien hierdie Desember! Volg hom op sosiale media vir meer inligting.