Tuesday 14 June 2022

Om Hierdie Hart

 JAKO MEYER Stel Nuwe Enkelsnit Vry

OM HIERDIE HART


jako-meyer-omhierdiehart-single.jpg



Vandag sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit van JAKO MEYER - getiteld OM HIERDIE HART. Die enkelsnit kom na die vrystelling van JAKO se laaste enkelsnit, ‘Soeker’ in 2021. OM HIERDIE HART is vanaf JAKO MEYER se tweede album, getiteld DAGBREEK DOOLHOF wat later vanjaar vrygestel sal word.


OM HIERDIE HART is geskryf nadat JAKO ’n behoefte gehad het om iets soortgelyk aan ‘My Hande’ te skryf - een van sy vorige enkelsnitte wat in Mei 2021 vrygestel was en ’n gunsteling onder die publiek is.


“‘My Hande’ was eerlik en rou en mense het daarvan gehou. OM HIERDIE HART is ’n erkenning dat daar genesing in kwesbaarheid lê.” 


OM HIERDIE HART - ’n aanbieding met ’n sterk liriese element gekombineerd met ’n diep, rustige en intieme gevoel - is in April 2022 geskryf deur JAKO. “Die inspirasie lê daarin dat ons ons harte soms so toepak met beskermingsmeganismes na trauma, dat ons onsself weerhou daarvan om weer heeltemal gesond te word.” sê JAKO.


’n Enkelsnit vir oud en jonk - OM HIERDIE HART is ’n liedjie wat geen druk op jou plaas nie, terwyl dit die luisteraar ruimte gee om asem te haal en op daardie wyse die mure om sy hart af te breek.




Luister OM HIERDIE HART hier:

https://linktr.ee/jakomeyer




JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal later in 2022 vrygestel word.




JAKO MEYER KONTAK


Facebook: https://www.facebook.com/JakoMeyerSolo


Twitter: https://twitter.com/Jako_Meyer


Instagram: https://www.instagram.com/Jako_Meyer