JAKO MEYER Stel Nuwe Enkelsnit Vry
OM HIERDIE HART
Vandag sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit van JAKO MEYER - getiteld OM HIERDIE HART. Die enkelsnit kom na die vrystelling van JAKO se laaste enkelsnit, ‘Soeker’ in 2021. OM HIERDIE HART is vanaf JAKO MEYER se tweede album, getiteld DAGBREEK DOOLHOF wat later vanjaar vrygestel sal word.
OM HIERDIE HART is geskryf nadat JAKO ’n behoefte gehad het om iets soortgelyk aan ‘My Hande’ te skryf - een van sy vorige enkelsnitte wat in Mei 2021 vrygestel was en ’n gunsteling onder die publiek is.
“‘My Hande’ was eerlik en rou en mense het daarvan gehou. OM HIERDIE HART is ’n erkenning dat daar genesing in kwesbaarheid lê.”
OM HIERDIE HART - ’n aanbieding met ’n sterk liriese element gekombineerd met ’n diep, rustige en intieme gevoel - is in April 2022 geskryf deur JAKO. “Die inspirasie lê daarin dat ons ons harte soms so toepak met beskermingsmeganismes na trauma, dat ons onsself weerhou daarvan om weer heeltemal gesond te word.” sê JAKO.
’n Enkelsnit vir oud en jonk - OM HIERDIE HART is ’n liedjie wat geen druk op jou plaas nie, terwyl dit die luisteraar ruimte gee om asem te haal en op daardie wyse die mure om sy hart af te breek.
Luister OM HIERDIE HART hier:
JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal later in 2022 vrygestel word.
JAKO MEYER KONTAK
Facebook: https://www.facebook.com/JakoMeyerSolo
Twitter: https://twitter.com/Jako_Meyer
Instagram: https://www.instagram.com/Jako_Meyer
No comments:
Post a Comment