Friday 12 August 2022

Dit Brand

Augustus 2022 sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit vanaf MOSES METRO MAN, genaamd DIT BRAND. Dit is die rock-groep se eerste nuwe vrystelling sedert hul laaste enkelsnit, ‘Lief & Leed’ in 2020. Met ’n liefdesverhaal as inspirasie, is DIT BRAND in 2022 geskryf en opgeneem met die oog op ’n aanbieding wat eg is aan die MOSES METRO MAN klank. Met ‘n interessante melodie, kenmerkende kitare en epiese emosionele kore - bied die groep aan aanhangers ’n enkelsnit wat handel oor die verganklikheid van die liefde, wat in praktyk nooit vergaan nie. “Blomme verwelk, gras verdor, maar die liefde sal ewig bly staan.” Twaalf jaar sedert die vrystelling van hul eerste musiek, is dit vir die groep ’n interessante ervaring om weer musiek op te neem. Met vervaardiger Johan Viljoen aan die stuur van produksie, kan luisteraars uitsien na ’n moderne, alternatiewe klank wat intense emosie vasvang, gekombineerd met sterk liriese inhoud - iets waarvoor MOSES METRO MAN wel bekend is. “Dit is skrikwekkend om te besef dat ons so lank stil was. Ons het weer daardie hongerte wat nodig is, en ‘DIT BRAND' is die perfekte manier om weer daardie vuur aan te steek.” - Jako Meyer. Luister DIT BRAND hier: https://electromodeza.lnk.to/Dit_BrandAr MOSES METRO MAN aanhangers kan uitsien na nog musiek wat later vanjaar oppad is, sowel as ’n landswye toer wat binnekort sal plaasvind.

No comments:

Post a Comment