Om te dagdroom is 'n gawe. Veral oor die verlede. Die ou dae wat die lyne op jou gesig trek. Die dae wat veroorsaak dat jy kennis opbou en die uiteindelik 'n produk vol karakter vorm. In die jaar 2007 het ek in 'n band gespeel met die naam Reaanrottweiller, wat later na Die Rottweilers verander het. Ons was rof, rou en het ontplof van passie. Daardie jaar het ek die coolste ouens ontmoet. Die manne van Zinkplaat en De Plate Kompanje. En dit is waar ek besef het musiek in jou are is verslawend. Hierdie ouens het my voorgestel aan die Avontoer. Twee weke, twee busse, tien bands, kaste vol Tassenberg, en warm harte vol gees.'n Rock en Roll toer deur die kus. Ek dink nie ek kan dit beskryf nie. Mens moet dit maar net self beleef. Vandag dagdroom ek oor die Avontoer. Oor die voorreg om twee van hulle te kon beleef het. Met kamarade wat vir altyd die stories sal vertel. Hier is my storie.
Avontoer
'twee lang slap busse
gevul met tientalle orkeste
oppad na die hemele'
Donnerse malheid as jy my vra.
Seerowers sonder skaamte
wat vervierdubbel
onder vleuels vuurwerke van klank.
Rock en Roll in ons land,
-in ons taal.
dit is hoe ek dit sal onthou.
Ek was daar,
twee keer.
Twee honderd kaste tas,
hare, kitare en groen blare.
Van Strandfontein na Stilbaai,
Hermanus na Mosselbaai..
Daar het ek my voete geanker,
in Kaapse seesand en musiek.
Kilometers op die wiele,
en liefde vir ander se siele-
vasgebliksem deur daardie vriendskappe,
van 'n handjie vol gelowiges,
in dit wat hul dra,
op mou en in gees-
op die pad na die volgende dorp se fees.
Thursday, 25 August 2011
Monday, 22 August 2011
Peter Pan
Ek sit hier by 'n koffiehuis in my alma mater dorp, Potchefstroom. Deurgans filtreer die geruis en gesuis van studente, lovers en belangrike besigheidsmanne. Soos wat ek 'n sluk vat van my grootste verslawing, belaai met kaffeine en ingekleur met 'n hazelnut geur, kan ek nie help om 'n terugblik van my kelnerdae te koester nie. Twee jaar van my lewe het ek hier deurgebring. Die laaste van my deurmekaar studentedae, en die begin van my lewe as jong, arm kunstenaar. Ongelukkig is dit die voorland van die meeste van ons kunstenaars, totdat jy 'n volwaardige break gekry het. As daar so iets bestaan soos 'n 'break'. Die feit bly staan almal het rekeninge om te betaal, entertainers ook. Mense is geneig om net die finale produk te beskou, en te dink dat alles sex, drugs en rock&roll is. As ons maar net die geld daarvoor gehad het.
Nietemin is ek ewig dankbaar vir die afslag op kos, huurgeld en natuurlik wyngeld wat ek as kelner verdien het. Maar meer as dit, is ek dankdaar vir die vaardighede wat ek opgebou het as kelner.
Om te kelner is vir baie mense 'n vernederende werk, wat ek kan verstaan. Geen titel word jou toegevoeg nie, en 'n kwalifikasie word nie vereis nie. Maar, die sogenaamde 'belangrike mense' wat met hierdie oordeel staf rondloop, vergeet dat hulle eintlik so weerloos is voor 'n kelner. Die kelner staan heeltemal objektief en beleef hoe skandelik, nors en onbeskof mense optree. Geen beter bepaling van 'n mens se persoonlikheid kan getref word wanneer daar opgetree word teenoor vreemdelinge nie. Veral nie die kelner nie. Mense doen nie die moeite om maskers te dra voor kelners nie. Want wie de donner is die kelner nou eintlik? Die kelner is daardie persoon wat jou ware kleure objektief raaksien.
Behalwe vir die geduld wat mens opbou, leer mens ook om daardie ongemaklike oomblikke te verwerk. Soos byvoorbeeld daardie oomblik wanneer kliënte hulle familie probleme in die openbaar uitklaar. Daardie intervensie teenoor die rebelse tienerdogter. Die gevolg 'n tranedal erger as 'n storm in die wreedste heks se teekoppie.En op 'n manier moet jy Peter Pan speel.
Daardie oomblik waar die egpaar op die rotse staan en probeer red wat te redde is. Dadelik voel mens soos die voortsittende beampte wat moet uitspraak lewer. Hierdie is gewoonlik baie opwindend. In so 'n mate dat mens nie eetgerei wil voorlê vir die ete nie en juig as hulle uitstap sonder dat daar moord gepleeg is.
Daardie oomblik waar jy die middelman is vir die 'eerste date' en die bestelling die meeste is waaroor hulle het om oor te praat. Die grappigste is wanneer die manlike figuur probeer beïndruk, en sy laaste snoepiegeld gebruik net om te wys dat hy kan bekostig om 20% te tip.
Die ergste vir my is wanneer mense op verskriklike powertrips met jou praat asof jy geen taal in die wêreld kan verstaan nie.Min weet hulle dat die kelner dalk miskien meer gekwalifiseerd is as hulle. Hulle praat neerhalend, herhalend en herhaal nog 'n keer. Hulle antwoord ek nie gewoonlik nie, en speel eerder maar saam sodat hul darem iewers in die lewe belangrik voel.
My kelner dae was wonderlik. Ek sal dit vir niks verruil nie. Inteendeel dink ek elke mens moet dit een keer in sy/haar lewe probeer. Dit leer jou om ander te respekteer, met geld te werk en die konsep van dienslewering te verstaan. As die owerhede van ons land tog maar net elkeen vir 'n paar maande kon kelner.
Vir al die kliënte daarbuite, dit was 'n voorreg om julle te bedien. Onthou net een ding, moet nooit die moontlikheid uitsluit dat jou kelner miskien dalk net eendag jou baas kan word nie. Hanteer hulle met respek, en gee 'n minimum fooi van 10%, hulle lewer 'n diens aan jou.

Wednesday, 17 August 2011
Ek koop eerder vir my 'n perd
Hierdie is my eerste volwaardige inskrywing. Gedryf deur die inspirasie verkry na die afloop van die naweek se intervarsity in Potch. Die byeenkoms waar dames heuning aan hul kaalbasboudjies smeer, en die jagse jagerjagters deur poele testosteroon swem om rondom hulle te swerm. Die meeste van die manne was groot van postuur. Fietsfiks, gesny tot in elke spier, besig om te poseer soos 'n hoenderhaan met 'n pou se fleur wat afgerond word deur daardie stuk kuif aan die agterkant van sy kop.
Die meerderheid van die hane het egter mooi ingesmelt met die massas. Hulle sê mos, as jy die massas volg, verdwyn jy onder hulle. Tog was daar uitsondering met manne wat wil uitstaan. Die ouens wat dag en nag werk en spuit om nek en skouers bo die res uit te staan. Die manne met bo-natuurlike bulte wat meer steil is as Polly Shorts van die Comrades Maraton. En dit is waar my vraag inkom...
Ek is gemiddeld gebou. Kort van lengte, lank van draad. Ja, ek is 'n geduldige ou. Ek draf gereeld en verbeel my dat ek die lyf van John Travolta in Grease najaag. Ek kyk op na mense wat elke dag pligsgetrou in die gimnasium uitkom. Maar dit is nie my punt nie.
My vraag is, wat besiel 'n mens om 'n middel in jou lyf in te pomp waarop daar staan: ' Slegs vir beeste en perde'? Ek het regtig probeer om my kop te laat gaan daaroor en myself in die lyf van 'n spierkas te verbeel. Miskien is dit 'n beroepsbesluit? Soos wat mense besluit om dokters en prokureurs te word. In hierdie geval net 'n bouncer vir 'n klub, of 'n sterkman wat trokke optel vir 'n lewe? Of miskien 'n bodybuilder? Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het die grootste waardering vir die bogenoemde beroepe, want hul verskaf ook vermaak. Ek het net eerlik gedink die uitdaging lê daarin om op 'n natuurlike wyse sukses te bereik?
Ek dink die skoner geslag speel verseker ook 'n rol. Oerjare terug was dit al die jagter se prioriteit om sy bokkie te vang. En in my opinie was hul suksesvol deur net te wees. Ek dink die hane van ons era het die waarde van persoonlikheid by die venster uitgegooi. Self-esteem en selfvertroue word deesdae gemeet aan die bulte op jou lyf. En dit is juis nie hoe jy die kompetsie om, en in jou gaan oorwin nie.
Met hierdie gedagte probeer ek nie negatiewe oordeel uitspreek nie. Ek probeer net agter die kap van die byl kom van wat die denkwyse is agter daardie besluit. Die gevolg is dat ek woorde soos newe-effekte en 'n gratis humeur glad nie ingesluit het by my poging om te probeer verstaan nie.
Een ding is verseker, ek koop eerder vir my 'n perd of 'n paar beeste.

Monday, 8 August 2011
My heel eerste inskrywing!!
As kunstenaar van verskillende vorme, word mens partykeer geperk deur sosiale kletswerwe. So ek het dit goedgedink om'n blog te begin. Waar ek my mening kan lig en kan skryf sonder om sleg te voel of kommentaar te ontvang van mense wat nie ingelig is nie. Hier kan ek klets oor my daaglikse gebeure, stories, opinies en sommer nog baie meer! Ek dink dis 'n ongelooflike uitlaatklep, waar ek myself weer kan vind deur 'n ding te skryf soos wat ek voel.
Subscribe to:
Posts (Atom)