Monday 8 August 2011

My heel eerste inskrywing!!

As kunstenaar van verskillende vorme, word mens partykeer geperk deur sosiale kletswerwe. So ek het dit goedgedink om'n blog te begin. Waar ek my mening kan lig en kan skryf sonder om sleg te voel of kommentaar te ontvang van mense wat nie ingelig is nie. Hier kan ek klets oor my daaglikse gebeure, stories, opinies en sommer nog baie meer! Ek dink dis 'n ongelooflike uitlaatklep, waar ek myself weer kan vind deur 'n ding te skryf soos wat ek voel.

No comments:

Post a Comment